Geharde Bonsmaras reg in die hart van die Waterberg.
Ons streef na ras integriteit met net die beste eienskappe, top teelwaardes en 'n asteties mooi gebalanseerde voorkoms met breedte en diepte eie aan Etienne Van Tonder Bonsmaras met die oog op neutrale matige bespiering, medium raam bou, vrugbaarheid en 'n diep ryk kleur vir al ons vroulike diere.
Etienne Van Tonder Bonsmaras is 'n vroegryp prinsiep toepasser in teler ideologie.
Van ons Bulle vereis ons om beproef hierdie kwaliteite te kan oordra met geboorte gemak voor hulle enigsins kan kwalifiseer vir produksie veilings.
Ons stoet kudde vestiging is gebaseer op streng seleksie deur 'n paneel keurders gelei deur Nico Pieterse en Theuns Pistorius met 'n inname van top teel materiaal en genetika vanaf hoog aangeskrewe en gevestgde stoet telers.
Implementering van ons stoet bestuurs beleid word behartig deur Jandré Neethling en SP Potgieter
Gereelde Toetse, Gereelde Opname en Gradering
Natuurlike Bestand; Hartwater en Rooiwater, Aanpasbaarheid Suurveld en Soetveld
Hoe Teelwaardes, Vrugbaarheid, Raam eienskappe, Neutrale Matige Bespiering & Kleur
Kom besoek gerus te Vleis Sentraal veilings krale, Warmbad.
Ongeveer 400 vroulike diere, insluitende dragtige koeie en verse, koeie en verse met kallers asook 3-in-1 aanbiedings
Ongeveer 14 kommersiele aanteel bulle
Sien julle daar!!
"Begin 2024 het ons besluit om vol stoet te gaan en met program nou in volle gang in 2025, beoog ons om binne die volgende 5 jaar as n top stoet teler erken te word in die Bonsmara landskap"
Ons kudde bestuur is in goeie hande met spesialis konsultante om net die beste diere aan die mark voor te stel.
AG Bonsmaras
Syferfontein Bonsmaras
Bloukraan Bonsmaras
Thaba Kwena Bonsmaras
Boschoek Bonsmaras
Etienne Van Tonder Bonsmaras